[...] Translators just didn't get recognition, they didn't expect to make much of a living, just get by. Very few people were actually trained as translators, but most had a solid college education and a solid knowledge of languages, at least their own language. I had a friend who fell exactly into that category and my circle of friends expanded to include other translators. I found them to be much more interesting as people, and discovered that we often had similar life experiences. I never had trouble making friends, but I always felt "different" and I'm sure they felt it too. When my friend retired, she recommended me as her replacement. I now entered the realm of Reinsurance, of which I knew nothing. I was also the only translator there, and didn't have much to fall back on. However, it was another notch up....
On my new job, I started looking through the files, asking questions and got the company to enroll me in Insurance courses. The College of Insurance was across the street, and I consulted fire codes, insurance policies and fire extinguisher catalogs in their library. I was learning what I had never had the luxury of being able to do before: research. The first time I had to translate a proposal for purposes of insurance of a nuclear plant, I got a call from the head man in that department, congratulating me on the job I had done. "Compares favorably with what we are used to," he said. What an upper! What happened was that I consulted a document in the files similar to the one I was tackling for guidance, but when I saw that my predecessor had used the word "nucleus" instead of "core", I realized that the files were useless to me. I went across the street to the library and looked up "nuclear plants." I immediately found all the terminology I needed.
It takes a great deal more than that to be a good translator these days, of course. [...] | [...] Vertalers het eenvoudig nie erkenning gekry nie, hulle het nie verwag om veel geld te verdien nie, net genoeg om deur te kom. Baie min mense is werklik opgelei as vertalers, maar die meeste het 'n soliede universiteitsopleiding gehad en 'n soliede kennis van tale, ten minste van hul eie taal. Ek het 'n vriend gehad wat presies in daardie kategorie gepas het en my vriendekring het uitgebrei om ander vertalers in te sluit. Ek het hulle as mense baie interessanter bevind en ontdek dat ons dikwels soortgelyke lewenservarings gehad het. Ek het nooit probleme gehad om vriende te maak nie, maar ek het altyd "anders" gevoel en ek is seker hulle het dit ook so ervaar. Toe my vriend aftree, het sy my aanbeveel as haar opvolger. Ek het nou die wêreld van Reinsurance betree, waarvan ek niks geweet het nie. Ek was ook die enigste vertaler daar en het nie veel gehad om op terug te val nie. Dit was egter weer 'n opstap... Op my nuwe werk het ek deur die lêers begin kyk, vrae gevra en die maatskappy oorreed om my in te skryf vir versekeringskursusse. Die Versekeringskollege was oorkant die straat en ek het brandkodes,versekeringspolisse en brandblusserkatalogusse in hul biblioteek geraadpleeg. Ek het geleer wat ek nooit voorheen die luuksheid gehad het om te doen nie: navorsing. Die eerste keer wat ek 'n voorstel moes vertaal vir versekeringsdoeleindes van 'n kernkragaanleg, het ek 'n oproep gekry van die hoof van daardie afdeling wat my gelukgewens het met die werk wat ek gedoen het. "Vergelyk gunsitig met wat ons gewoond is," het hy gesê. Wat 'n opkikker! Wat egter gebeur het, was dat ek 'n dokument in die lêers geraadpleeg het wat soortgelyk was aan dié wat ek behandel het vir leiding, maar toe ek sien dat my voorganger die woord "nucleus" in plaas van "kern" gebruik het, het ek besef dat die lêers nutteloos vir my was. Ek het oorkant die straat na die biblioteek gegaan en "kernkragsaanlegte" opgesoek. Ek het onmiddellik al die terminologie gevind wat ek nodig gehad het. Dit verg natuurlik baie meer as dit om 'n goeie vertaler te wees in hierdie dae. [...]. |